Uitstappies
Verskeie instansies besoek die skool en bied opvoedkundige programme op die terrein aan. Kleuters word voorsien van ‘n skriftelike toestemmingsbrief wat deur u voltooi word, voordat hy/sy op ‘n uitstappie mag gaan.
Fondsinsameling
Die kleuters skakel in by die groot fondsinsamelingsprojekte van Laerskool Orion bv. die pretloop, kaskarwedrenne, ens.
Oueraande
Oueraande word vir u as ouers gereël. In die Eerste Kwartaal word ‘n inligtingsaand gehou en dit is verpligtend dat u dit bywoon aangesien belangrike inligting deurgegee word. In die Derde Kwartaal word ‘n oueraand, per afspraak, gereël om u kind se vordering te bespreek.
Gradeplegtigheid
‘n Gradeplegtigheid, slegs vir die voorskoolse kleuter wat die daaropvolgende jaar Gr.1 toe gaan, geskied in November.
Belangrike datums vir 2020
