top of page

GRONDSLAGFASE (GRAAD 1 - 3)

 
  • Die toelatingsouderdom vir n leerder in graad 1 is 5 jaar, maar hy/sy moet 6 word voor 30 Junie gedurende die jaar van toelating.

  • 'n Gesertifiseerde kopie van die geboortesertifikaat en afskrif van die kliniekkaart moet ingehandig word tydens registrasie.

  • In die grondslagfase (Gr.1-3) word leerders begelei om in totaliteit, d.w.s. op akademiese- sport- en kultuurgebied te ontwikkel.

  • Klasgroottes word beperk sodat kwaliteit onderrig kan plaasvind.

  • Ons het ses graad 1 klasse om ons getalle per klas laag te hou.

  • Ons graad 1 opedag vind gewoonlik in die 3de kwartaal plaas waar voornemende graad 1 leerders en hul ouers/voogde die geleentheid het om met die personeel, skool en aktiwiteite kennis te maak. (Hou ons webblad dop vir meer inligting)

bottom of page