top of page

FINANSIES - LAERSKOOL ORION EN NASKOOL

 

Die skoolgelde beloop R15800-00 per kind vir die jaar. Hierdie bedrag is in 10 gelyke paaiemente verdeel en is betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober.

Indien die skoolfonds voor 31 Maart 2022 ten volle betaal word, word daar 10% korting toegestaan.  (Dus R14 220)

Die Naskoolsentrumgelde vir Gr1- Gr7 beloop R7700-00 per kind vir die jaar. Hierdie bedrag is in 10 gelyke paaiemente verdeel en is betaalbaar vanaf Febraurie tot November.

Indien u deur die loop van die jaar by die Skool of Naskool aansluit, versoek ons u om met die Finansiële kantoor, Me. le Roux in verbinding te tree.

 

Fooie vir 2022 word na die Begrotingsvergadering in November vasgestel.

 

Gelde is maandeliks vooruitbetaalbaar - voor die 7de van elke maand.

 

Indien u alternatiewe betaalreëlings wil tref kan u die versoek skriftelik na Me. Hart stuur by debiteure@lsorion.co.za

 

Elektroniese betalings kan vir u gerief gedoen word, volg asb. die instruksies op die volgende bladsy.

 

Een kalendermaand skriftelike kennis word vereis indien u kind die Naskoolsentrum sou verlaat (fin@lsorion.co.za).

Indien u kind die skool verlaat moet u aansoek doen by Me. I. Pretorius (info@lsorion.co.za) vir 'n oorplaaskaart en skoolgelde sal prorata terug geskryf word.

 

WYSE VAN BETALING

  • Kontant

  • Kontant kan in normale skoolure by die finansiële kantoor by die Laerskool inbetaal word.  Indien die gelde saam met u kind gestuur word, word dit by die registeronderwyseres inbetaal in ‘n  verseëlde koevert met die volgende inligting daarop:

  • Kind se naam, van en graad.

  • Die bedrag wat betaal word.

Jan Swanepoel   Gr 1.1  R1 470-00

 

Elektroniese betaling  

Bankbesonderhede vir SKOOL  is as volg:

Rek. Naam :        Laerskool Orion

Rekening nr:       40 5891 2419

Takkode :             632005

Tak:                        ABSA – New Redruth

VERWYSING:       SOOS OP U STAAT

Bankbesonderhede vir NASKOOLSENTRUM is as volg:

Rek. Naam:         L/S Orion Naskool – Tjekrekening

Rekening nr:       40 9057 4449

Takkode :             632005

Tak:                        ABSA – New Redruth

VERWYSING:       SOOS OP U STAAT

E-pos asseblief die betalingsbewys na fin@lsorion.co.za vir aandag Mev S. le Roux.

Alle navrae rakende die finansies kan by die finansiële kantoor by die Laerskool gedoen word.

Kaartfasiliteite:

U kan met u kredietkaart of debietkaart by die finansiële kantoor betaal.

 

Indien die rekening agterstallig raak sal 'n skriftelike kennisgewing sal aan u gestuur word en u sal telefonies gekontak word.

Daarna sal u weer ’n skriftelike kennisgewing ontvang.

bottom of page