top of page

Ons graad 7’s vorm deel van die Seniorfase.  Van 2014 af word die KABV (CAPS ) ook hier geïmplimenteer.

 

Vakke in hierdie fase:

 

Afrikaans Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskap

Sosiale Wetenskap: Geskiedenis en Aardrykskunde

Ekonomiese Bestuurs Wetenskap (EBW)

Lewensvaardigheid: Persoonlike en sosiale welsyn , en Liggaamlike opvoeding

Tegnologie

Skeppende Kuns

 

Assessering

Vind deurlopend plaas. Deurlopende assessering kan plaasvind in die vorm van mondelinge opdragte, luisteroefeninge, skriftelike opdragte, take, praktiese opdragte, klastoetse en kwartaal toetse. Gedurende die eerste en derde kwartale skryf ons ‘n toetsreeks. In die tweede en vierde kwartaal skryf die leerders eksaman.

 

Toetse

Leerders ontvang aan die begin van die kwartaal ‘n toetsrooster. Die leerders skryf weekliks toets. Leerders ontvang ‘n afbakening van die leerstof ‘n week voordat hulle die toets skryf, sodat hulle presies weet wat om voor te berei vir die toets. Nadat die toetse gemerk is, word dit met die leerders bespreek en dan na die ouers gestuur om te teken.

 

Slaagvereistes

Afrikaans      50%

Engels (EAT)  40%

Wiskunde      40%

 

In enige 3 van die oorblywende vakke moet die leerder 40% behaal en ‘n minimum van 30% in die ander vakke.

Dit is baie belangrik om te onthou dat die eindeksamen 60% van die jaarpunt tel.

 

Ons kinders is vir ons kosbaar, daarom volg ons ‘n oopdeur beleid, wat beteken dat ons enige tyd beskikbaar is, indien u enige probleme rakende u kind het.

SENIOR FASE (GRAAD 7)

bottom of page