top of page

Ons Wapen

1634741042131.png

Die ontwerp van ons modern skoolwapen is deur Mnr Diederick Rosslee gedoen.

 

“Met Ywer” – ons leuse

‘n Leuse wat beskrywend is van alles wat by Laerskool orion aangepak word.  Op elke gebied van u kind se ontwikkeling, word daar met YWER, gewerk om hom/haar te vorm.  So word u kind ook deel van ‘n kultuur waar die woorde, “MET YWER”, die pasaangeer word vir elke uitdaging wat hy/sy by hierdie uitmuntende skool sal aanpak.

 

Skoolwapen - Ster

Elke kind het die potensiaal om ‘n ster in eie reg te word.

 

Oorwinningsbeeld

Leerders word onderrig om persoonlike doelwitte te stel.  Die oorwinningsbeeld dui op die bereiking van hierdie doelwitte.

 

Horison-formasie

Dui op die platform wat Laerskool Orion sy leerders bied, vanwaar verdere hoogtes in die toekoms bereik kan word.

 

Ronde lyne/punte

Versterk die beginsel van liefde en deernis waarmee leerders hanteer word.

 

Koestering

(Individu omvou deur ster) – Elke leerder word in liefde gekoester deur sowel die skool se leerkragte as die raamwerk wat die skool bied.

 

Totale beeld

Die oorwinning in elkeen se doelwitte word verkry deur alle aspekte van die lewe MET YWER en entoesiasme aan te pak.  Horison dui ook die visie aan wat die skool in die toekoms wil bereik.

bottom of page