top of page

PENDEN

Dis glad nie meer nodig vir ouers om in die aand rond te skarrel vir Skryfbehoeftes nie! Ons Penden verkoop alle nodige skryfbehoeftes, boeke en nog meer! Leerders is welkom om die Penden in K3 te besoek. Die Penden is daagliks oop tydens skooltyd.

Klik hier om die lys van voorraad en pryse af te laai.

PASKAS

Ons klerebank verkoop alle somersdrag asook atletiek klere vir die atlete.  Daar is ook 'n beperkte voorraad goeie tweedehandse somers- en wintersdrag beskikbaar.  Die klerebank hou ook Orion ondersteuners hemde en pette aan. Ons klerebank is voor by die ingangsportaal van die skoolsaal.

bottom of page