top of page

OPVOEDKUNDIGE VERRYKINGSENTRUM

Die verrykingsentrum is in 1996 gestig in Alberton om begaafde en enige ander leerders wat akademies goed presteer te stimuleer en bloot te stel aan verskillende wetenskappe. Sodoende wek dit belangstelling en kennis wyer as die skoolkurrikulum. Ons poog om leerders te stimuleer om verder na te lees en seIfs navorsing te doen. In sommige gevalle kan hul selfs op 'n vroeë ouderdom loopbaan geleenthede navors. Kurrikulêre, verrykende onderrig word deur professionele en deskundige persone as 'n naskoolse aktiwiteit aan gekeurde leerders vanaf Graad 4 - Graad 7 aangebied.

 

Uitdagende leersituasies word vir die leerders geskep en deur middel van aktiewe deelname en meer komplekse denkprosesse word die leerders aangemoedig om krities te evalueer en op kreatiewe wyses self tot nuwe insigte en ontdekkings te kom.

 

Daar is al vele suksesvolle kursusse oor die jare aangebied soos by. Natuur- en Skeikunde, Chemie, Fisiologie, Sterrekunde, Antropologie, Rekenaarstudie, Plant- Voël- en Dierkunde, Geomorfologie, Korrekte Studiemetodes, Ingenieurswese, Elektronika, Informatika, Fisika, Geologie, Noodhulp, Mikro-biologie, Ekologie, Nannategnologie, Advertensie wese en ook'n besondere suksesvolle kreatiwiteits werkswinkel. Omdat ons aanbieders professioneel is, is daar finansiële implikasies. Leerdergetalle bepaal of ons hierdie kostes kan verhaal. Ons besef dat ons leerders baie betrokke is by buitemuurse aktiwiteite, maar ons wil tog 'n ernstige beroep op u doen om u kinders aan te moedig om slegs 6 ure per kwartaal by hierdie verrykende aktiwiteit betrokke te raak, ten einde geheelontwikkeling by u kind te bevorder. Elke kursus duur ses weke (een uur per week) Gr4 en Gr5 van 18:00- 19:00. Gr6 en Gr7 van 19:00-20:00. Ons kan net een so'n kursus per termyn aanbied.

 

Ons buurskole kyk belangstellend na “ons" verrykingsentrum met die oog daarop om hul eie te stig. Die verrykingsentrum is 'n bemarkingsgeleentheid vir ons slool wat nie verlore kan gaan nie.

Indien u belangstel, om u kind aan die aktiwiteite van die Verrykingsentrum te laat deel neem, kontak my gerus, sodat verdere inligting so gou moontlik deurgegee kan word. Baie dankie aan positiewe ouers en leerders wat gereeld die sentrum besoek.

 

E.S de Swardt

011 868-5562 (w)

011 900-4242 (h)

083 282 7658

bottom of page