top of page

INTERMEDIÊREFASE (GRAAD 4-6)

Hierdie fase  strek van graad 4 tot graad 6. Soos alle ander skole in die land, word hier ook KABV (CAPS ) geïmplimenteer.  

 

Die volgende vakke word aangebied:

 

Afrikaans Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe en Tegnologie

Sosiale Wetenskap: Geskiedenis en Aardrykskunde

Lewensvaardigheid: Persoonlike en sosiale welsyn, en Liggaamlike opvoeding

     Skeppende Kuns

 
Assessering

Vind deurlopend plaas in die vorm van mondelinge praatjies, luisteroefeninge, klastoetse, skriftelike opdragte, take en toetse. In die eerste en derde kwartaal skryf die leerders toetse, terwyl hul in die tweede en vierde kwartaal eksamen skryf.

 
Toetse

Elke leerder ontvang ‘n toetsrooster ten minste twee weke voordat die toetse in aanvang neem. ‘n Week voordat ‘n betrokke vak geskryf word ontvang die leerders ‘n afbakening, waarin die leerstof vir die leerders uiteengesit word. Nadat die toetse gemerk is, word dit met die leerders bespreek en na die ouers gestuur, wat dit moet teken en terugstuur skool toe.

Slaagvereistes

Afrikaans        50%

Engels (EAT)   40%

Wiskunde       40%

 

Leerders moet in enige van die oorblywende vakke 40% behaal.  Belangrik om te onthou is dat die eindeksamen 25% van die hele jaar se punte tel.

 

Ons kinders is vir ons kosbaar, daarom volg ons ‘n oopdeur beleid by die skool, d.w.s. ouers is enige tyd welkom om ons te kontak indien u enige probleme sou ondervind. 

bottom of page