top of page

Geskiedenis

Laerskool Orion het ontstaan as gevolg van ‘n samesmelting tussen die destydse skole Laerskool Willem Cruywagen en Laerskool Jan Meyer.

 

Die nuwe skool moes ‘n nuwe naam kry en na vele oorwegings is daar besluit op die naam “Orion” wat verwys na die suiderkruis – wat rigting aanwys.  Laerskool Orion begin offisieel in Mei 2004.  Mnr Johan Grove word as skoolhoof ingehuldig in April 2006 en hy is tans steeds aan die stuur van sake by ons spogskool. 

 

Ons skoollied is geskryf deur Marlize Scheepers en getoonset deur Christa Steyn.

 

Die ontwerp van ons moderne skoolwapen is deur Mnr Diederick Rosslee gedoen.

bottom of page